Nova Scotia

Nouvelle-Écosse
Nova Scotia, Alba Nuadh
Nieu-Skotland
Vlag Landswapen
(Vlag van Nieu-Skotland) (Landswapen van Nieu-Skotland)
Leuse : Munit Haec et Altera Vincit
Ander provinsies en gebiede van Kanada
Land Kanada
Hoofstad Halifax
44°39′N 63°35′W / 44.650°N 63.583°W / 44.650; -63.583
Grootste stad Halifax
Goewerneur-generaal Arthur Joseph LeBlanc
Eerste Minister Tim Houston (Progressive Conservative)
Oppervlakte 55 283 km²
 - Land 53 338 vk km
 - Water 1 946 vk km (3,5%)
Bevolking (2015)
 - Totaal 942 926 inw.
 - Digtheid 16,91 inw./vk km
Toelating tot die Kanadese Federasie
 - Datum 1 Julie 1871
Verteenwoordiging in die Parlement
 - Parlement 11
 - Senaat 10
Posafkorting NS
Voorsetsel by poskode B
Tydsone UTC -4
Internet-domein .ns.ca

Nova Scotia of Nieu-Skotland (Frans: Nouvelle-Écosse, Skots-Gaelies: Alba Nuadh) is 'n maritieme provinsie langs die suidoostelike Atlantiese kusgebied van Kanada met 'n oppervlak van 55 283 vierkante kilometer en sowat 935 000 inwoners. Die hoofstad en kulturele en ekonomiese sentrum is Halifax (360 000 inwoners). Die provinsie se naam verwys na die belangrikste etniese groep in die gebied. Naas Skotte het veral Franse en Duitsers hulle in Nova Scotia gevestig.

De la Vallière-huis in die gerestoureerde Franse fort Louisbourg
Lunenburg Academy, 'n laat 19de eeuse skoolgebou in Lunenburg

Die provinsie se motorregistrasienommers het "Canada's Ocean Playground" as hulle leuse, en behalwe vir die landengte van Chignecto is Nova Scotia 'n eiland, wat deur die waters van die Fundybaai, die Golf van Sint-Laurens en die Seestraat van Northumberland begrens word. Op landkaarte lyk Nova Scotia soos 'n reuse-kreef – met sy kuslyn met 'n lengte van meer as 10 000 kilometer strek die skiereiland oor 'n afstand van 600 kilometer van die Kaap-Breton-hoogplato in die noordooste tot by die Fundybaai. Die landengte van Chignecto met 'n wydte van 24 kilometer verbind Nova Scotia met die vasteland van Kanada.

Nova Scotia maak deel uit van die oorspronklike tuisland van die Mi'kmaq, 'n Eerste Nasie wat die gebied van maritieme provinsies en dele van Maine, die Gaspésie-skiereiland en Newfoundland bewoon het.

Naas die Mi'kmaq is Nova Scotia se geskiedenis deur ses groot groepe setlaars van Europese afkoms oorheers. Franse setlaars het in 1604 die eerste permanente Europese nedersetting noord van Florida, Port Royal, as die moederstad van die latere gewes Akadië (Frans: Acadie) gestig. In 1605 het Port Royal as 'n Franse pelshandelspos ontstaan. Later het immigrante uit Skotland, Protestante uit Duitsland en Switserland, lojaliste en voormalige swart slawe uit die Verenigde State hulle in die gebied gevestig.

In die tydperk tussen 1713 en 1760 is die gebied by die Britse kolonies in Noord-Amerika ingelyf. Nova Scotia was een van die vier oorspronklike provinsies van die Kanadese Konfederasie wat in 1867 gestig is.

Maar Nova Scotia staan veral bekend vir sy Franse en Skotse tradisies en sy historiese vestings en opelug-museums. Die hoofstad Halifax is die beginpunt van die gewilde "Vuurtoring-roete" (Lighthouse Route) wat in westelike rigting langs die kuslyn loop en na die meer as 1 000 vuurtorings in die gebied vernoem is. Die spierwit vuurtoring van Peggy's Point naby Peggys Cove is een van die mooiste in Kanada en die enigste wat 'n poskantoor huisves.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search